Telkom wil op selfoonmark fokus
2010-06-24 03:28
Gauteng - Reuben September, Telkom se uittredende uitvoerende hoof, het Maandag gesê dat dié maatskappy dringend op sy selfoonmark moet begin fokus.
September het tydens die bekendstelling van die groep se jaarresultate gepraat.
“Eenvoud, kwaliteit en waarde sal Telkom se drie beginsels wees wanneer ons die selfoonmark intree,” het September gesê.
Telkom gaan glo ook nie pryse sny om gebruikers vir sy nuwe selfoonafdeling te lok nie.
Dié nuwe selfoonnetwerk sal voor die einde van die jaar die lig sien.
- SAPA