Tegnologie maak emigreer makliker, verlange minder
2011-11-21 14:27
New York – Vooruitgang in tegnologie het een van mense se hoofredes om werk oorsee van die hand te wys uit die weg geruim, het navorsers bevind.
Die helfte van die vrywilligers wat aan die studie deelgeneem het, het gesê dit is nou makliker om met vriende en familie by die huis in kontak te bly en hulle is meer gewillig om werk oorsee te oorweeg.
Jonger mense tussen 24 en 34 jaar oud was die gewilligste groep (60%) om werk oor die waters te oorweeg, het die studie bevind.
Die maatskappy TNS Omnibus het die studie namens die internet-oproepdiens Skype onderneem.
“Mense se houdings oor kontak hou met mense oorsee verander,” het Enrico Noseda, Skype se hoof van markontwikkeling, gesê.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.