'Tegnologie hoef nie vyand te wees'

2011-08-12 07:10
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Selfone en sosiale medianetwerke het ’n waardevolle plek in onderwys en kan, as dit reg gebruik word, eerder ’n kind se vriend as vyand wees.

So meen dr. Beverley Evangeledis, ’n opvoedkundige sielkundige wat as spesialis en berader by die AdvTech- private skole werk en werksessies vir ouers en skoliere aanbied.

Evangeledis sê ouers en onderwysers moet besef die gebruik van tegnologie neem toe in skole.

“Kinders het verskillende leerstyle en met tegnologie kan ’n mens baie meer uit hulle kry.

“Hulle moet egter gelei word om kennis te ontdek en tegnologie tot hul opvoedkundige voordeel in te span.”

Evangeledis sê daar is in verskeie skole voorbeelde van hoe leerlinge tegnologie gebruik om te netwerk om huiswerk te doen.

Sy sê daar is nie ’n regte of verkeerde ouderdom om kinders aan tegnologie bloot te stel nie.

Hoe jonger die kind is, hoe meer betrokke moet ouers egter wees. “Ouers moet uit die staanspoor grense en reëls vir gebruik stel. Hoe jonger kinders is, hoe meer moet ouers sorg dat wagwoorde en kodes bestaan vir byvoorbeeld internetgebruik en hulle moet tegnologiegebruik monitor.”

Evangeledis meen te veel ouers oorhandig net ’n selfoon sonder om aan die gevolge te dink.

“Jy behoort dit te hanteer soos wanneer jy vir jou kind ’n baie duur geskenk met ’n handleiding koop. Julle moet saam deur die aanwysings gaan en besef wat die krag van die toestel is.”

Volgens Evangeledis kan netwerke soos Twitter, Facebook en MXit negatief wees as dit ’n vals gevoel van vriendskap by kinders skep en hulle sosiaal isoleer. “Werklike kommunikasie waar mense mekaar sien en na mekaar luister, bly belangrik.

“As ’n kind se wêreld oorwegend uit die druk van knoppies bestaan, kan hulle later moeilik tussen fantasie en werklikheid onderskei.”

Evangeledis wys daarop dat kuberboeliery en skinder, veral deur meisies, aan die toeneem is en dat ouers baie bedag daarop moet wees.

Oor die hoeveelheid tyd wat kinders op selfone en netwerke deurbring, sê Evangeledis ouers behoort dit streng te beheer.

Anders het ’n mens situasies soos jong kinders wat tot watter tyd in die nag onder hul komberse MXit of SMS en die volgende dag moeg by die skool is.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: tegnologie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Hier kom alweer staatskontrakte met tenders. Wat slegs en toevallig aan ANC-tjommies sal gaan. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

X5 xDRIVE30d M-SPORT AT
2012
R 861,990.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

LAND ROVER

Freelander 1.8 4x4 5-dr MY98
2007
R 369,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.