Te min én te veel slaap sleg
2010-05-06 06:17
Londen – Mense wat minder as ses ure slaap per nag kry het ‘n verhoogde risiko om vroeër te sterf, het navorsers Woensdag gesê.
Diegene wat minder as dit slaap is 12% meer geneig om vroeg te sterf, alhoewel navorsers ook ‘n verband opgetel het tussen meer as nege ure se slaap en premature sterfte.
“As jy min slaap kan jy diabetes, vetsug, hipertensie en hoë cholesterol opdoen,” het Francesco Cappuccio, wat in beheer was van die navorsing, aan AFP gesê.
“Ons dink dat die verhouding tussen min slaap en siekte as gevolg van ‘n reeks hormonale en metaboliese meganismes plaasvind,” het Cappuccio gesê.
Cappuccio glo ook dat die duur van slaap ‘n publieke gesondheidskwessie is en dat dit as ‘n risiko-faktor deur dokters gesien moet word.
“Die samelewing beïnvloed ons om minder en minder te slaap,” het Capppuccio gesê en bygevoeg dat sowat 20% van die samelewing in Amerika en Brittanje minder as vyf ure ‘n nag slaap.
- Sapa - AFP
Volg Nuus24 op Twitter