Talle toets negatief vir MIV, maar is wel positief

2011-07-29 10:05
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Honderde Suid-Afrikaners wat by klinieke in die land negatief getoets is vir MIV/vigs, is waarskynlik eintlik positief.

Die departement van gesondheid het gister erken hy is bewus van probleme met die G-Ocean-MIV/vigstoets en dat ondersoek ingestel word.

Die Hillbrow-kliniek in Johannesburg het vroeër die week ’n brief aan die departement gerig nadat bevind is dat dié toets in 2% van die gevalle by die kliniek onakkuraat was.

Dit beteken dat minstens 80 van die 4 000 pasiënte wat sedert Januarie daar getoets is MIV-positief is, terwyl hul toetse aangedui het hulle is MIV-negatief.

“Hierdie nuus is katastrofies. Die toets moet onmiddellik onttrek word,” het Francois Venter, president van die HIV Clinicians Society, gesê.

Fidel Hadebe, woordvoerder van die departement van gesondheid, het gesê die toets gaan nié in die stadium onttrek word nie.

“Ons beskou die saak in ’n ernstige lig en sal beslis ondersoek instel, maar ons glo nie die toets is foutief nie.

“Die probleem lê by gebrekkige opleiding van personeellede wat die toets gebruik.”

Volgens Venter word die G-Ocean-MIV/vigstoets as baie betroubaar beskou.

Hy stem saam met Hadebe dat die fout dalk elders lê.

“Ek is bewus van verskeie ­klinieke in die land waar die personeel nie deeglik opgelei word om die toets uit te voer nie en nie lank genoeg wag dat die toetsstrokie van kleur verander nie.

“Dit is waarskynlik ’n kwessie van gebrekkige opleiding, maar intussen moet die toets onttrek word.”

Jack Bloom, DA-woordvoerder oor gesondheid, was skepties oor die departement van gesondheid se verduideliking.

“Die probleem is baie ernstiger as dit.

“Indien dit die situasie is by ’n kliniek soos Hillbrow in ’n groot stad, dink net wat gebeur by ’n kliniek in landelike KwaZulu-Natal!”

Bloom het gesê dit is angswekkend dat talle mense met MIV/vigs weens onakkurate toetse nie die nodige antiretrovirale middels ontvang nie en die virus moontlik verder versprei. 

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lees meer oor: vigs  |  miv

Lewer kommentaar op hierdie artikel
23 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Hier kom alweer staatskontrakte met tenders. Wat slegs en toevallig aan ANC-tjommies sal gaan. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

X5 xDRIVE30d M-SPORT AT
2012
R 861,990.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

LAND ROVER

Freelander 1.8 4x4 5-dr MY98
2007
R 369,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.