25 primaat-spesies op randjie van uitsterwing
2012-10-15 13:02
Nieu-Delhi – Altesaam 25 spesies ape, vosape en gorillas staan op die randjie van uitsterwing en moet dringend beskerm word teen die gevolge van ontbossing en onwettige handel.
Ses van die erg bedreigde spesies se habitat is op die eiland Madagaskar, vyf ander op die Afrika-kontinent, vyf is van Suid-Amerika en nege spesies is van Asië.
Dié verslag deur die Internasionale Unie vir die Natuurbewaring is by ‘n biodiversiteitskonferensie in Hyderabad, Indië met die wêreld gedeel.
Natuurbewaring het wel ander primaat-spesies van uitsterwing gered, het die twee-jaarlikse verslag gelui.
Die verslag het ook getoon dat die getalle vosape in Madagaskar dramaties afgeneem het as gevolg van ontbossing en onwettige jag.
“’n Soortgelyke krisis is aan die ontwikkel in Suid-Oos-Asië, waar die onwettige handel in primaat-spesies die getalle van die spesies geweldig beïnvloed,” het Christoph Schwitzer, een van die outeurs van die verslag, gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP