TV-program geskep deur eie kykers
2010-03-31 23:40
Kaapstad – Will Wright, skepper van die innoverende videospeletjie The Sims, werk tans saam met Albie Hecht, president van die TV-netwerk Nickelodeon, om ‘n unieke TV-program The Creation Project te ontwikkel.
Dié onkonvensionele program sal kykers die geleentheid gee om hul eie episodes via ‘n “StoryMaker Engine” wat deur Wright ontwerp is, te ontwikkel wat hulle al die nodige gereedskap en beelde bied om hul eie oorspronklike stories te skep.
Wright, Hecht en hul span sal deur al die inskrywings gaan, ‘n wenner kies en die wenstorie in twee halfuur episodes omskep.
Lees meer by mashable.com