TKAG verwelkom verslag oor hidrobreking
2011-08-12 09:21
Johannesburg – Die Treasure the Karoo-aksiegroep het 'n Amerikaanse taakspan se verslag oor hidrouliese breking, wat meer bedryfsregulasies eis, verwelkom, berig RSG.
Steven Chu, die Amerikaanse minister van energie, het die taakspan aangestel en het bevind die voortdurende gebruik van hidrouliese breking kan tot ernstige probleme lei.
Die TKAG verteenwoordig individue en organisasies wat bekommerd is oor olie- en gasmaatskappye se planne om skaliegas in die Karoo te ontgin.
Jonathan Deal, die voorsitter van die TKAG, het na Bloomberg se verslag verwys en gesê die taakspan bestaan hoofsaaklik uit grootkoppe in die gas- en oliebedryf, wat krities staan teenoor hulle eie bedryf en tegnologie.
– RSG
– Volg Nuus24 op Twitter.