Suid-Koreaanse president nou op Twitter
2010-06-08 11:12
Seoel – Die kantoor van die Suid-Koreaanse president, Lee Myung-Bak, het ‘n rekening op Twitter oopgemaak nadat opposisiepartye in dié land tydens die onlangse verkiesing goeie steun verwerf het op die netwerk.
Lee se rekening #BluehouseKorea het meer as 3 000 ondersteuners getrek sedert dit Maandag geskep is, maar die president se kantoor ontken dat die nuwe rekening geskep is na sy party se swak vertoning tydens die verkiesing.
Lee se Grand National Party het slegs ses uit die 16 poste vir provinsiale goewerneur of burgermeester losgeslaan in die nasionale verkiesing op 2 Junie.
Analiste en politici het ooreengekom dat ‘n onverwagte groot hoeveelheid stemme deur jong en liberale stemmers, wat deur ‘n “gaan stem”-veldtog op Twitter gedryf is, teen die heersende party gewerk het.
Lee se kantoor het in Februarie ‘n mikro-blog sosiale netwerkdiens geopen, sowel as ‘n selfoon-webblad vir slimfoon-gebruikers.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA