Suid-Korea: Uit met handboeke, in met rekenaars
2011-07-20 10:16
Seoel – Handboeke behoort teen 2015 iets van die verlede te wees vir
laerskoolkinders in Suid-Korea wanneer dit met tabletrekenaars vervang sal
word, berig GMA News Online.
Dié skuif behoort ook ‘n massiewe mark vir plaaslik-vervaardigde elektroniese toestelle te skep, het ‘n artikel deur die
Massachusetts Instituut vir Tegnologie (MIT) gelui.
“Al Suid-Korea se primêre-vlak-onderwysmateriaal sal teen
2014 in ‘n digitale vorm beskikbaar wees en teen 2015 behoort die hele
skoolkurrikulum op ‘n verskeidenheid rekenaars, slimfone en tabletrekenaars
beskikbaar te wees,” het Christopher Mims van MIT gesê.
“Hoewel die onderwysdepartment nog nie die model of toestel aangekondig
het wat aangekoop sal word nie, het hulle wel onthul dat hulle $2.4
miljard (sowat R16.6 miljard) aan die aankoop van rekenaartablette en digitale onderwysmateriaal
sal bestee.”
– Volg Nuus24 op Twitter.
– Lees meer hier.