Suid-Afrika 'loop links en praat regs'

2011-11-29 08:00
Tweets Share Share line Print

Durban – “Suid-Afrika loop links en praat regs.”

Só het Bobby Peek, direkteur van die nie-regeringsorganisasie groundWork, Maandag op COP17 gesê.

Peek het op ’n nuuskonferensie, wat deur Friends of the Earth International (FoEI) aangebied is, gesê Suid-Afrika “hou homself baie groen” op COP17, maar in der waarheid is dit ’n land wat steenkoolmyne in sensitiewe gebiede steun, wat na verwagting die groen lig gaan gee vir hidrobreking in die Karoo en wat (Sasol se) steenkool-tot-brandstoftegnologie “omhels”.

Volgens Peek het Suid-Afrika ook sy krag weggeteken deur kontrakte vir goedkoop elektrisiteit met mynreuse en nywerhede, soos BHP Billiton, te sluit.

“Suid-Afrika praat met ’n gevurkte tong,” het hy gesê.

Nnimmo Bassey, voorsitter van FoEI, het gesê ondanks die wêreldwye ekonomiese krisis is die hoeveelheid kweekhuisgasse in die atmosfeer nou die meeste nog.

Bassey het gesê mense wat meen klimaatsverandering is iets van die toekoms, leef in ’n gekkeparadys. Ons moet nie meer van klimaatsverandering praat nie, maar van klimaatkrisis, “want dit is híér”, het hy gesê en verwys na die duisende klimaatvlugtelinge in die Horing van Afrika.

FoEI meen as ryk lande weier om die armes uit hul klimaatkrisis te help, pleeg hulle “eko-moord”.

“Die rykes wat die klimaatkrisis geskep het, moet verseker dat die temperatuur nie met meer as 2°C styg nie. As die temperatuur met 2°C styg, sal dit ’n doodsvonnis vir Afrika beteken. Afrika gaan kook en sink (in die see verdwyn),” het hy gesê.

Hy het na die vyf mense verwys wat Sondagaand in storms in Durban omgekom het en gesê daar is geen beter bewys dat die klimaatkrisis reeds besig is om sy tol te eis nie.

Alden Meyer van Oxfam het gesê daar is net vyf jaar oor om wegholklimaatsverandering te keer.

Volgens hom het ’n onlangse studie deur die interregeringspaneel oor klimaatsverandering (IPCC) aangetoon daar is ’n duidelike verband tussen uiterste weersomstandighede en die hoeveelheid kweekhuisgasse in die atmosfeer.

Studies wat Oxfam onderneem het, het aangetoon 1 miljard mense in die wêreld gaan saans honger slaap. Hiervan is 239 miljoen in Afrika. Die studie het ook gewys in die laaste jaar het 60% van die beeste en 40% van die skape in Ethiopië weens droogte gevrek.

Die groep nie-regeringsorganisasies het gesê COP17 is waarskynlik die een beraad waarvan die uitkoms die onvoorspelbaarste is. 

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: cop17

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Hier kom alweer staatskontrakte met tenders. Wat slegs en toevallig aan ANC-tjommies sal gaan. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

X5 xDRIVE30d M-SPORT AT
2012
R 861,990.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

LAND ROVER

Freelander 1.8 4x4 5-dr MY98
2007
R 369,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.