Suid-Afrika kry gevorderde nuwe vliegtuig
2011-09-27 19:57
Johannesburg – Die Suid-Afrikaanse lugvaartindustrie het sy nuwe veelsydige pronkveer, die High Performance Reconnaissance Light Aircraft, Dinsdag bekendgestel.
Die Ahrlac (Advanced High Performance Reconnaissance Light Aircraft) sal onder meer grensbeheer behartig, het die maatskappy agter die projek gesê.
Die hoofde van Aerosud en die Paramount-groep, Paul Potgieter en Ivor Ichikowitz, het die vliegtuig aan die media in Centurion gewys.
Potgieter het gesê die vliegtuig sal uiters kort landings- en opstygafstande hê en sal met ‘n 20 mm-kaliber kanon bewapen word.
Ichikowitz het gesê R1.59 miljard is reeds in die projek belê.
Hulle het gehoop die vliegtuie sal minder as R79.59 miljoen elk kos.
Sover is slegs ‘n kwartskaalmodel gebou en is 80 toetsvlugte reeds onderneem.
Potgieter het gesê hulle verwag vervaardiging sal teen einde vanjaar begin.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA