Suid-Afrika is nie baie groen
2011-02-28 15:04
Johannesburg - Suid-Afrika is die wêreld se dertiende grootste bron van kweekhuisgasse, die oorsaak van aardverwarming, het die parlement se komitee van water- en omgewingssake gesê.
Dr Peter Johnston van die Universiteit van Kaapstad se Klimaatontleder-groep het gesê dat China onlangs Amerika verby gevat het en nou die nommer een land in die wêreld is wat kweekhuisgasse vrystel.
Op ‘n per capita basis, wat baie meer betekenis het wanneer dit kom by politieke besluitneming, val Suid-Afrika in die tiende plek, met China sestiende. Australië is nommer een en Amerika kom tweede.
-Kliek hier vir die volledige artikel.
-Volg Nuus24 op Twitter.