Stylvolle ape steel sonbrille
2011-04-07 22:00
Londen - Stylvolle ape in die Londen Dieretuin se aapstreke sluit nou die steel van ontwerper-sonbrille en die daaropvolgende gepronk daarmee in.
‘n Bende eekhoringapies (squirrel monkeys) steel deesdae dié mode-items sonder strafoplegging by niksvermoedende besoekers.
Die bestuur van die dieretuin is verstom oor die apies se indrukwekkende versameling sonbrille.
“As hulle ‘n sonbril in die hande gekry het, jaag hulle almal in die kamp rond agter die apie met die sonbril aan,” het Kate Sanders, ‘n personeellid, gesê.
Hulle het tot dusver sowat sewe sonbrille gesteel.
Die personeel van die dieretuin gaan nou ‘n versameling sonbrille met ‘n bitter vloeistof bedek om die apies se gewoontes te probeer verander.
- Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa-DPA