Stuur jou gesig die ruimte in
2010-06-08 13:10
Washington – Vir diegene wat nie miljoene het om ‘n toer na die ruimte te neem nie, het NASA ‘n oulike alternatief bekend gestel: jy kan jou gesig (jou foto en naam) die ruimte in stuur!
Om ‘n rit op ‘n ruimtetuig te vang (wel, amper), gaan na Faceinspace.nasa.gov, laai ‘n foto van jouself op en kies watter een van die twee ruimtetuie "jou" moet saamneem.
Slegs twee van hierdie ruimtevlugte is nog geskeduleer, so spring om ‘n kans te kry. Die eerste tuig sal in September gelanseer word en die ander een in November.
Volg Nuus24 op Twitter
- AFP