Studie vind genetiese skakel met migraines
2010-08-30 18:30
Londen – ‘n Internasionale wetenskaplike span het vir die eerste keer ‘n genetiese risiko identifiseer wat met ‘n algemene migraine geassosieer word.
Volgens die span kan hul navorsing tot nuwe behandeling lei wat migraine-aanvalle kan voorkom.
Navorsers het die genetiese data van 50 000 mense van Finland, Duitsland en Nederland bestudeer.
Hulle het bevind dat pasiënte wat ‘n sekere DNS-veranderlike het, wat die regulering van ‘n spesifieke breinchemikalieë affekteer, ‘n groter risiko loop om migraines te ontwikkel.
Hul resultate stel voor dat ‘n opbou van dié chemikalieë, wat glutamaat genoem word, ‘n rol kan speel in die vorming van migraines.
Migraines affekteer rondom een in ses vroue en een in twaalf mans.
Dié pynvolle toestand word beraam as die duurste breintoestand vir samelewings in die Europese Unie en Verenigde State.
Wêreldwye verkope van medikasie wat migraines behandel was rondom $2,6 miljard (sowat R19 miljard) in 2009, het analiste by Deutsche Bank gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters