Studie verbind insekdoders met aandagprobleme
2010-08-19 13:00
Washington - Kinders wie se ma's aan sekere insekdoders blootgestel word terwyl hulle swanger is, se kans is groot om aandagprobleme te hê wanneer hulle ouer word, het Amerikaanse navorsers Donderdag gesê.
'n Studie wat in die Environmental Health Perspectives gepubliseer is, staaf bewyse dat organofosfaat-insekdoder die menslike brein kan affekteer.
Navorsers aan die Universiteit van Kalifornië Berkeley het swanger vroue getoets vir bewyse dat organofosfaat-insekdoders deur hul liggame geabsorbeer word en hul kinders volg soos hulle ouer raak.
Vroue met meer chemiese spore van die insekdoders in hul uriene terwyl hulle swanger is, se kinders het meer simptome van hiperaktiwiteit en aandagafleibaarheidsindroom (ADHD) as hulle die ouderdom van vyf bereik.
"Terwyl die uitslae van die studie nie beslissend is nie, dui ons bevindings daarop dat jong kinders se aandag geaffekteer kan word wanneer hul ma's gedurende swangerskap aan organofosfaat-insekdoders blootgestel word," het Amy Marks en kollegas in die studie geskryf.
Organofosfate is ontwerp om neuro-oordraers, insluitend asetielkolien, wat belangrik is vir breinontwikkeling, aan te val.
Volg Nuus24 op Twitter
- Reuters