Studie: Vroue met anoreksie en bulimie word moeilik ma
2011-08-03 22:55
New York – Vroue wat voorheen aan anoreksie en bulimie gely het mag dalk langer neem om swanger te raak, het ‘n nuwe studie bevind.
Die studie van sowat 11 000 Britse vroue het bevind 39.5% van vroue wat voorheen aan anoreksie en bulimie gely het, het langer as ses maande geneem om swanger te raak in vergelyking met 25% van ander vroue.
Hulle was ook twee keer meer geneig om behandeling te benodig om swanger te raak (6.2% teenoor 2.7%).
Die studie, gepubliseer in BJOG: An International Journal of Obstetrics and Gynaecology, is deur navorsers by die King’s College en die University College in Londen onderneem.
Hulle het ook bevind vroue wat aan die eetsteurnisse gely het was ook meer geneig om onbepland swanger te raak en negatiewe gevoelens daaroor te koetser.
Terwyl 71% van alle vroue verheug is oor hul swangerskappe, was die vroue wat aan anoreksie en bulimie gely het meer as twee keer meer geneig om te voel “moederskap verg persoonlike opoffering.”
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.