Studie: Vroeggebore babas het meer gedragsprobleme
2011-12-06 21:52
New York – Kinders wat ‘n paar weke te vroeg gebore is, is merkbaar meer geneig om emosionele- en gedragsprobleme te hê voor hulle skoolgaan.
Kinders wat na tussen 32 en 35 weke se swangerskap gebore is, is twee keer meer geneig om emosionele- en gedragsprobleme te hê as kinders wat ‘n volle swangerskap van 38 tot 41 weke geniet het.
Die navorsers van die Universiteit van Groningen in Nederland het bevind vroeggebore seuns was veral geneig om gedragsprobleme te wys, terwyl vroeggebore meisies geneig is om hul probleme te internaliseer.
“Kinders wat selfs effens vroeg gebore is, is meer geneig om emosionele- en gedragsprobleme te hê voor hulle skoolgaan,” het die navorsers gesê.
Die studie van naastenby 1 000 kinders is in die joernaal Archives of Disease in Childhood gepubliseer.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.