Studie: Tieners SMS 100 keer per dag
2010-04-21 02:23
Kaapstad - Sowat ‘n derde van Amerikaanse tieners wat selfone besit stuur sowat 100 SMS’e per dag, toon navorsing.
Volgens ‘n studie deur die Pew-navorsingsentrum in die VSA is SMS-boodskappe die mees gewilde manier van kommunikasie onder jong mense.
Dié studie het gevind dat die gewildheid van SMS-boodskappe as kommunikasiemiddel sedert 2008 drasties vermeer der het.
SMS is glo meer gewild as telefoon oproepe en sosiale netwerke.
Volgens die studie verkies tieners self om te SMS bo persoonlike interaksie.
Drie uit elke vier jongmense tussen die ouderdomme van 12 en 17-jaar besit glo nou ‘n selfoon. Van hierdie stuur en ontvang meisies sowat 80 boodskappe per dag en seuns handhaaf 30 per dag.
"SMS-boodskappe is die kern van tieners se kommunikasie en het in die afgelope 18 jaar die lug in geskiet,” het Amanda Lenhart, ‘n navorser by Pew, gesê.
- Reuters