Studie: SA grootste tweeter op Afrika-kontinent

2012-01-26 17:42
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Suid-Afrika is die land op die Afrika-kontinent wat die meeste tweet – met meer as vyf miljoen tweets wat in die laaste drie maande van 2011 gestuur is, het navorsing wat Donderdag gepubliseer is, getoon.

‘n Ontleding van meer as 1,5 miljoen tweets van oor die kontinent en ‘n opname van 500 van Afrika se aktiefste Twitter-gebruikers, het getoon dat Kenia, met 2 476 800 tweets, die tweede aktiefste is.

Volgens Portland Communications en Tweetminster wat die studie uitgevoer het, was Nigerië derde (1 646 212), Egipte vierde (1 214 062) en Marokko vyfde (745 620).

Die studie het bevind dat 57% van tweets uit Afrika vanaf selfone gestuur is.

Daar is ook bevind dat 60% van Afrika se aktiefste Twitter-gebruikers tussen 20 en 29 jaar oud is en dat 81% van die wat aan die opname deelgeneem het, dit gebruik om met vriende te kommunikeer.

Sowat 68% het aangedui dat hulle Twitter gebruik om die nuus dop te hou en 22% om vir werksgeleenthede te soek.

Twitter-gebruikers in Afrika is aktief op ander platforms van sosiale media, insluitend Facebook, YouTube, Google+ en LinkedIn.

“Een van die meer verrassende bevindinge van die navorsing is dat meeste openbare figure nog nie deel is van Twitter in Afrika nie,” het Mark Flanagan, Portland se vennoot vir digitale kommunikasie, gesê.

“Met ‘n paar uitsonderings het ons bevind dat besighede en politieke leiers grotendeels afwesig was van die debatte wat oor die kontinent op Twitter afgespeel het.”

Hy het bygevoeg dat hulle nie eintlik kon bekostig om weg te bly uit ‘n ruimte waar dialoog besig is om toe te neem nie.

Meeste van diegene wat aan die opname deelgeneem het, het gesê minstens die helfte van die mense wat hulle op Twitter volg is op die kontinent gebaseer.

– Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lees meer oor: afrika  |  twitter

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Hier kom alweer staatskontrakte met tenders. Wat slegs en toevallig aan ANC-tjommies sal gaan. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

X5 xDRIVE30d M-SPORT AT
2012
R 861,990.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

LAND ROVER

Freelander 1.8 4x4 5-dr MY98
2007
R 369,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.