Studie: Rassisme voel soos trauma
2011-11-28 10:54
New York – Slagoffers van rassisme ervaar dieselfde simptome as mense wat trauma beleef, het Amerikaanse navorsers bevind.
‘n Hersiening van 66 vorige studies, wat meer as 18 000 swart volwassenes ingesluit het, het bevind daar is ‘n verband tussen die uitwerking van rassisme en trauma op die geestestoestand.
Die navorsers het bevind, nes trauma, beleef slagoffers van rassisme angs en fisieke pyn as ‘n gevolg van sielkundige stres.
Die studie is in die Journal of Counseling Psychology gepubliseer.
“Die verband tussen die ervaring van rassisme en depressie en angs is redelik sterk,” het die hoofnavorser Alex Pieterse van die State-universiteit in New York gesê.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.