Studie: Opereer vroeg aan prostaatkanker
2011-05-05 11:52
Johannesburg – Mans jonger as 65 met vroeë prostaatkanker het 'n beter kans op oorlewing indien hulle dadelik laat opereer, eerder as om behandeling uit te stel totdat die kanker ernstiger word.
'n Sweedse studie het bevind dat dít die geval is selfs vir sogenaamde lae risiko gewasse wat nie kwaadaardig lyk nie.
Die studie is in 1989 begin en bykans 700 mans jonger 75 met prostaatkanker het óf dadelik chirurgie ondergaan, óf is behandel indien hulle simptome vererger.
Ná 13 jaar was daar minder sterftes onder dié wat 'n operasie ondergaan het, teenoor dié wat slegs behandeling gekry het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- RSG