Studie: Leeus is met die maan gepla
2011-07-21 09:47
New York – Navorsers het bevind leeus is meer geneig om mense ná ‘n volmaan, wanneer die nag pikdonker is, aan te val en te eet.
Ander roofdiere, soos wolwe, mag dalk ook in dié periode meer gevaarlik wees, het navorsers bevind.
Navorsers het rekords van sowat 500 leeuaanvalle in Tanzaniese dorpie tussen 1988 en 2009 bestudeer.
Hulle bevindings is in die wetenskapjoernaal Public Library of Science ONE gepubliseer.
In meer as twee derdes van die voorvalle is die slagoffers gedood en geëet.
Die meerderheid van dié aanvalle het tussen sononder en 22:00 plaasgevind, wanneer die maan min lig oor die roofdiere se jagvelde skyn.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.