Studie: Groot aardbewing kan Tokio tref
2012-01-23 15:01
Tokio – Japannese navorsers het gewaarsku daar is 'n 70% kans dat 'n aardbewing, wat 7.0 op die Richterskaal registreer, Tokio binne vier jaar kan tref, het 'n verslag Maandag bekendgemaak.
Navorsers aan die universiteit van Tokio se aardbewing navorsingsentrum instituut, het dié syfer op inligting gebaseer van die toenemende aantal trillings sedert 'n aardbewing verlede jaar Maart noordoos van Japan voorgekom het.
Volgens inligting het 'n gemiddeld van 1.48 aardbewings met 'n grootte van tussen drie en ses elke dag sedert Maart in Tokio voorgekom.
Dit is so veel as vyf keer meer as voor die ramp, het navorsers gesê.
Die Japannese regering het voorspel die kanse dat 'n groot aardbewing van sewe die Tokio-streek sal tref is 70% binne die volgende 30 jaar.
– Kliek hier om die volledige storie te lees.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP