Studie: Boonste laag van atmosfeer krimp
2010-08-27 05:30
Washington - Wetenskaplikes sê die gebrek aan sonaktiwiteit veroorsaak dat een van die hoogste lae van die atmosfeer krimp.
Dit mag skrikwekkend klink, maar hulle sê dit kan eintlik goeie nuus wees vir satelliete. Dit beteken die satelliete gaan minder druk van gasse ervaar en langer in die wentelbaan kan bly.
Dít kan ook 'n negatiewe impak hê, en kan beteken dat ruimte-rommel langer in die wentelbaan bly.
Volgens die studie wat in die joernaal Geophysical Research Letters gepubliseer is, het die son tussen 2007 en 2009 minder energie vrygestel.
Gedurende dié tydperk het die atmosferiese laag genaamd die termosfeer, afgekoel en gekrimp.
- AP