Studie: As pa’s verneuk, verneuk seuns
2011-06-29 13:46
Los Angeles – Agterdogtige vroue wat wonder of liefie rondloer, of selfs rondloop, mag dalk ‘n primitiewe aanwyser van hul vermoedinge kry: Doen sy pa dit?
Tjeggiese wetenskaplike Jan Havlicek en sy kollegas van die Charles-universiteit in Praag het bevind al is beide mans en vroue soms ontrou, is mans meer daartoe geneig as hul pa’s rondloop.
Dogters het nie hul ma’s se soms slegte voorbeeld gevolg nie, het hulle egter bevind.
Havlicek se studie van 86 paartjies het ook bevind mans en vroue is ontrou vir verskillende redes.
Mans loop rond met seks die dryfkrag agter hul ontrouheid. Die stand van hul verhoudings staan nie in die pad van die uitdaging wat die soeke na ‘n nuwe seksmaat bied nie.
As die verhouding wel effe saai raak, is mans ook die eerste om rond te kyk.
Vroue is waarskynlik glo ontrou wanneer hulle na ‘n nuwe maat soek, nie net seks nie.
– Lees die volledige storie hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.