Steve Jobs wys Apple se nuutste
2011-06-06 13:18
San Francisco - Die iPad-vervaardiger Apple se uitvoerende hoof, Steve Jobs, sal Maandag sy siekverlof onderbreek om ‘n oog oor die maatskappy se jaarlikse konferensie te hou.
In ‘n persverklaring het Apple gesê Jobs sal die nuwe generasie Lion, die Macintosh-rekenaars se bedryfstelsel, en iOS, die iPad, iPhone en iPod Touch se bedryfstelsels, bekendstel.
Hy sal ook iCloud bekendstel, ‘n diens waarmee gebruikers musiek stromend van Apple-bedieners oor die internet kan luister.
Dít kort na soekreus Google en aanlynwinkel Amazon hul eie musiekdiens bekendgestel het.
Google se diens stel gebruikers in staat om hul musiek aanlyn te stoor, vanwaar dit na ander se rekenaars gestroom kan word.
Google Music verkoop egter nie die musiek nie, en Amazon se diens is tydrowend aangesien elke lied op hul bedieners gelaai moet word voor dit te hoor is.
Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP