Steve Jobs wou eie selfoonnetwerk bou
2011-11-17 13:00
New York – Die ontslape medestigter van die tegnologiereus Apple, Steve Jobs, het voor sy dood met industrieleiers die moontlikheid van Apple se eie selfoondiensverskaffer bespreek.
Die nuusagentskap IDG het berig die Amerikaans industrieleier John Stanton het by ‘n seminaar in Seattle bekendgemaak Jobs wou “diensverskaffers vervang” met sy eie netwerk.
Sy beplande netwerk sou glo dieselfde draadlose spektrum as WiFi-toestelle gebruik – wat dit vry van regeringslisensies sou maak.
Stanton het gesê Jobs het met die idee vorendag gekom kort voor die vrystelling van sy slimfoon, die iPhone, maar die idee is in 2007 laat vaar.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.