Stelsel hou staatskarre goed dop

2011-09-01 09:13
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die Mpumalanga-regering is besig om ’n omvangryke stelsel te ontwikkel om die misbruik van staatsvoertuie hok te slaan.

Jacob Rabodile, direkteur-generaal, het gister op ’n sitting van die staande komitee vir openbare rekeninge (Skoor) gesê die misbruik van staatsvervoer is ’n groot kommer vir die regering.

“Boetes, ongelukke en instandhouding van staatsvoertuie kos die staat jaarliks miljoene.”

Die regering het alle staatsvoertuie reeds vroeër met GPS-stelsels toegerus, maar Rabodile het gesê dit is onvoldoende.

Die nuwe stelsel is baie gesofistikeerd en alle staatsvoertuie sal daarmee aan ’n sentrale beheerkamer gekoppel word.

“Ons sal presies kan weet waar die voertuig te alle tye is en hoe die bestuurder daarvan die voertuig hanteer,” het Rabodile gesê.

As die bestuurder ’n oortreding begaan, soos om te vinnig te ry, sal hy elektronies van die beheerkamer gewaarsku word.

“Indien die bestuurder nie gehoor gee aan die waarskuwing nie, sal ons die voertuig elektronies kan afskakel.”

Volgens hom sal die stelsel ook gebruik word om te sien of staatsvoertuie van die vooraf goedgekeurde roetes afwyk.

Personeel wat staatsvoertuie vir private doeleindes gebruik, moet ook voor stok gekry word, het me. Nomsa Mtsweni, voorsitter van Skoor gesê.

Sy het ’n foto aan die komitee gewys waar ’n amptenaar besig is om boumateriaal met ’n staatsvoertuig op te laai.

Fish Mahlalela, ANC-lid van Skoor, het gesê ’n gevorderde moniteringstelsel sal nutteloos wees as daar nie ’n behoorlike vervoerbeleid is nie.

“Die huidige beleid bepaal reeds dat geen personeellid ’n staatsvoertuig huis toe mag neem nie, behalwe as daar uitdruklike toestemming van die betrokke departement se bestuurshoof is.

“Die beleid word egter nie deur die rekenpligtige amptenare van departemente toegepas nie.”

– Volg Nuus24 op Twitter.
 

- Beeld

Lees meer oor: staatsmotors  |  tegnologie  |  motors

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Hier kom alweer staatskontrakte met tenders. Wat slegs en toevallig aan ANC-tjommies sal gaan. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2007
R 99,990.00

NISSAN

Navara 4.0i D-Cab 4x4
2007
R 255,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.