Stamselle só bewaar

2011-09-16 07:00
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Ouers kan die stamselle van hul baba se naelstring in Durbanville laat bevries, indien hulle dink die kind kan dit later nodig kry.

Die maatskappy Cryo-Save Suid-Afrika, met sy hoofkantoor in Durbanville, is ’n stamselbank en ’n vennootskap van die firma John Daniel Holdings Limited en die oorsese Cryo Save Group in Nederland.

Die stamselle, wat met vloeibare stikstof teen -180C° bevries word, is afkomstig van die naelstring van ’n baba. Die witbloedselle kan ook uit die naelstringbloed geïsoleer en saam met die naelstringweefsel bewaar word.

Dit is egter nie dieselfde as embrioniese stamselle wat later gebruik kan word om enige sel in die liggaam te vorm en só “herstelwerk” te doen nie.

Terence Gregory en Arnoud van Tulder, albei direkteure van Cryo-Save Suid-Afrika, het erken dit bied nie ’n wonderkuur vir alle siektes nie.

“Maar dit bied hoop vir die toekoms.”

Hulle bewaar 9000 monsters in een houer, en ouers het die opsie om dit in Suid-Afrika en/of België te laat opberg.

Cryo-Save meen dit kan vir 70 siektetoestande gebruik word, maar in Suid-Afrika is nog geen oorplanting gedoen met selle wat uit ’n stamselbank kom nie

“Dit is algemeen bekend dat daar nie genoeg gebêre word om ’n volwassene te behandel nie, maar daar is genoeg vir ’n kind. En later kan ’n mens dit dalk vermeerder,” het Van Tulder gesê.

Prof. Michael Pepper, ’n stamselnavorser verbonde aan die Universiteit van Pretoria, het gesê teoreties kan die stamselle vir sekere siektes gebruik word.

Hulle gebruik bestaande kliniese navorsing om te impliseer waarvoor dit gebruik kan word, maar die situasies waarin dit van toepassing is, veral wat genetiese siektes betref, is min.

’n Openbare stamselbank wat toegang bied aan alle mense wat dit nodig het, kan ’n nasionale bate wees. )Die koste is:

Bewaring van naelstringbloed – R13 000 plaaslik in Durbanville en R16 500 internasionaal in België.

Bewaring van naelstringweefsel en -bloed – R16 800 plaaslik en R19 800 in België.

’n Jaarlikse heffing van sowat R200 moet ook betaal word.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: tegnologie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Hier kom alweer staatskontrakte met tenders. Wat slegs en toevallig aan ANC-tjommies sal gaan. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2007
R 99,990.00

NISSAN

Navara 4.0i D-Cab 4x4
2007
R 255,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.