Stamsel-navorsing word uit joernale gehou
2010-02-03 02:33
Kaapstad – Stamsel-navorsers sê hulle glo 'n klein groep wetenskaplikes is besig om hoë kwaliteit navorsing uit wetenskapsjoernale te hou, dalk om werk wat kompetisie vir hul eie navorsing is, te ondermyn.
'n Ope brief is deur 14 van hierdie navorsers aan joernaalredakteurs gestuur om hul ontevredenheid aan te kondig.
Professor Robin Lovell-Badge het in sy persoonlike kapasiteit aan BBC News gesê dat dié soort keuring "dinge in 'n kliek verander, waar slegs artikels wat 'n spesifieke paar redigeerders...tevrede stel, gepubliseer word."
Volgens BBC News word miljarde ponde se staatsgeld jaarliks op stamsel-navorsing spandeer.
Lees meer by BBC News