Span op soek na nuwe spesies vertrek uit Kaapstad
2011-11-07 17:20
Kaapstad – Wetenskaplikes wat ‘n ekspedisie aanpak om nuwe spesies te soek, het gesê hulle verwag om met iets nuuts terug te keur.
Aurelie Spadone van die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur was een van die navorsers wat Maandag op die 45 dae lange navorsingsekspedisie uit Kaapstad vertrek het.
Sy het gesê daar bestaan tans uiters min kennis oor die lewe Indiese Oseaan se diepste waters.
“Die kanse dat ons sonder iets nuuts terugkeer, is uiters skraal,” het sy gesê.
Dit is die laaste van twee ekspedisies van die unie. Die eerste ekspedisie in 2009 het tot die ontdekking van ‘n nuwe spesie inkvis gelei.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP