Sosiale netwerke dalk 'n invloed op jou brein
2011-10-19 11:38
Londen – Sosiale netwerke kan dalk meer as net ons sosiale lewens verander – navorsers beweer dit kan ook ons breine verander.
Breinskanderings het bewys daar is ‘n verband tussen die hoeveelheid vriende wat ‘n persoon op Facebook het en die grootte van sekere dele van die brein.
Dit is onduidelik of sosiale netwerke grysstof vermeerder en of mense met groot hoeveelhede grysstof makliker vriende maak, het die navorsers gesê.
Die betrokke dele van die brein speel ‘n rol in sosiale interaksie, geheue en outisme.
Die navorsing, wat in die joernaal Proceedings of the Royal Society B Biological Sciences gepubliseer is, is gebaseer op 'n ondersoek van die breine van 125 universiteitstudente in Londen.
“Ons het bevind sekere dele van die brein kan verbind word met die hoeveelheid ‘regte’ en ‘virtuele’ wat ‘n persoon het,” het Ryota Kanai, een van die navorsers van die University College in Londen, gesê.
“Die vraag is of die struktuur van die brein oor tyd verander. Dit sal ons help om te beantwoord of die internet ons breine verander,” het Kanai bygevoeg.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.