Sosiale media meer gewild as e-pos
2010-10-12 10:22
Los Angeles - Selfoongebruikers spandeer 1.4 keer meer tyd op sosiale netwerke as wat hulle gebruik om e-posse te lees en te beantwoord, toon 'n onlangse studie deur die navorsingsmaatskappy TNS.
Gebruikers spandeer gemiddeld 3.1 uur per week op sosiale netwerke, teenoor slegs 2.2 uur op e-pos.
In die meeste ontwikkelde markte — soos die VSA — lyk die neiging heeltemal anders op gewone rekenaars; gebruikers spandeer meer tyd op e-pos (5.1 uur per week) as op sosiale netwerke (3.8 uur).
Die studie, wat die aanlyn-gewoontes van byna 50 000 mense tussen 16 en 60 jaar in 46 lande ondersoek het, wys veral op 'n “stygende behoefte aan oombliklike bevrediging” en die “vermoë om gebruik te maak van veelvuldige boodskap-formate, insluitend kitsboodskappe en status-opdaterings,” wat vir die gewildheid van sosiale netwerke op selfone verantwoordelik is.
- Lees hier meer oor dié studie.
- Volg Nuus24 op Twitter