Soogdier-breine ontwikkel vinnig danksy reuksintuig

2011-05-30 09:12
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die ontwikkeling van die reuksintuig het soogdiere ’n besondere voordeel gegee en vir skielike breinontwikkeling gesorg, reken wetenskaplikes.

Daar was nog altyd vrae oor die wanverhouding tussen die grootte van soogdiere se breine en hul liggaamsgrootte.

Volgens Tim Rowe, direkteur van die Vertebra- Paleontologiese Laboratorium van die Universiteit van Texas in Austin in die VSA, het breinontwikkeling in drie stadia gebeur.

Eers was dit die reuksintuig, daarna het die aanraking of sensitiwiteit van hare gevolg en daarna die neurologiese spier­koördinasie om die reuk- en sensitiwiteitsboodskappe te interpreteer, het hy in ’n verklaring gesê wat op die webblad Eurekalert bekend gemaak is.

Volgens Rowe word die bevindings gegrond op ondersoeke van skedels van die eerste soogdiere wat sowat 190 miljoen jaar gelede ontwikkel het.

Vergeleke met dinosourusse wat destyds saam met die soogdiere bestaan het, het die soogdiere van 190 miljoen jaar gelede se neusholtes met tot 50% vergroot.

Daaruit lei die wetenskaplikes af dat oersoogdiere se reuksintuig ontwikkel en die diere daaruit ’n voorsprong gekry het as dit kom by byvoorbeeld die soek van kos en die “ruik” van die vyand.

Die tweede ontwikkeling, beweer Rowe, was die ontwikkeling van sensitiwiteit van byvoorbeeld oermuise se snorbaarde van wat hulle in staat gestel het om in donker, nou gangetjies weg te kruip en kos te soek.

Dié twee ontwikkelings het veroorsaak dat die brein moes aanpas om die nuwe “vloedgolf” van inligting te verwerk met die gevolg dat die brein vergroot het en ook voue moes ontwikkel om ’n groter oppervlakte daar te stel vir die verwerking van inligting.

Spier-brein-verbindings moes byvoorbeeld ook verbeter om te kan reageer as die vyand geruik word.

Volgens Rowe en sy groep navorsers het die ontwikkeling oor miljoene jare egter daarvoor gesorg dat die soogdier al meer dominant kon word en deesdae die suksesvolste dier op aarde is.

Volgens Rowe is die volgende stap van navorsing nou om te bepaal hoe die verskillende “onderafdelings” van die brein verder ontwikkel het, soos by byvoorbeeld vlermuise of dolfyne wat van “radar” gebruik maak om prooi op te spoor.  

Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lees meer oor: natuur  |  diere

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Hier kom alweer staatskontrakte met tenders. Wat slegs en toevallig aan ANC-tjommies sal gaan. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2007
R 99,990.00

NISSAN

Navara 4.0i D-Cab 4x4
2007
R 255,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.