Sony wéér gekraak, weer aanval af
2011-10-12 12:00
New York – Kuberkrakers teiken weer Sony se netwerk, maar die maatskappy het gesê hulle is dié keer beter voorbereid om gebruikers te beskerm.
Philip Reitinger, Sony se hoof van inligtingsekerheid, het op PlayStation se amptelike blog die voorval verduidelik.
Volgens Reitinger het die kuberaanval die Entertainment Network, PlayStation Network en Sony Online Entertainment Network geraak.
Die maatskappy het as voorsorg 93 000 gebruikers se rekeninge gevries en gebruikers gewaarsku om hul persoonlike inligting via e-pos te bevestig.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.