Sonsverduistering in Australië lok duisende
2012-11-12 11:33
Sydney – Duisende mense stroom na die noorde van Australië om na ‘n seldsame sonsverduistering te kyk – ‘n gebeurtenis wat 1 300 jaar gelede in dié streek gesien is.
Die regering verwag sowat 60 000 besoekers sal Woensdag die sonsverduistering aanskou.
“Dit is baie uniek want ons gaan vir jare nie weer ‘n sonsverduistering in Australië hê nie,” het Dick Cijffers, ‘n toeroperateur, gesê.
Die verduistering sal sowat sewe uur duur van begin tot einde, maar dit sal slegs vir twee minute en vyftig sekondes donker wees.
Toerisme-operateurs sê dat alle akkomodasie, van kampterreine tot vyf-ster-hotelle, vol bespreek is, en dat party mense selfs die sonsverduistering uit lugballonne sal besigtig.
‘n Gedeeltelike verduistering sal ook sigbaar wees in Papoea-Nieu-Guinee, Nieu-Seeland, Indonesië, Antarktika, Chili en Argentinië.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP