Sonkrag-vliegtuig pak eerste nagvlug aan

2010-07-07 07:46
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Johannesburg - As die weer dit toelaat, sal die Solar Impulse HB-SIA-vliegtuigprototipe Woendagoggend vroeg in Switserland opstyg in ’n poging om die eerste nagvlug deur ’n sonkrag-aangedrewe vliegtuig sonder brandstof te voltooi.

Die vliegtuig sal na verwagting vanoggend omstreeks 07:00 vanaf die Payerne-vliegveld in die weste van Switserland opstyg.

As alles goed afloop, sal die vlieënier, Andre Borsch-berg, die HB-SIA-prototipe Donderdagoggend ná sonsopkoms weer by dieselfde vliegveld laat neerstryk.

Die Switserse avonturier Bertrand Piccard, president van Solar Impulse en die meesterbrein agter die HB-SIA, wil in 2013 of 2014 in ’n soortgelyke vliegtuig, wat ’n bietjie groter sal wees, sonder brandstof om die aarde vlieg.

Die eerste nagvlug-poging, wat vir verlede Donderdag beplan is, moes laat vaar word weens ’n foutiewe instrument in die vliegtuig se telemetrie-stelsel.

Dit is intussen vervang en teen Dinsdagmiddag het ’n verklaring op die Solar Impulse-webtuiste (www.solarimpulse.com) gelui toestande lyk goed vir die tweede nagvlug-poging wat vir vandag beplan is.

“Die somerweer in Switserland is baie onstabiel en daar is altyd ’n kans op donderstorms, so ons sal die weer mooi moet dophou,” lui die verklaring.

As die prototipe suksesvol opstyg, sal dit vir die grootste deel van vandag stadig maar seker styg tot ’n hoogte van 8500 m terwyl die vliegtuig se batterye deur die sonpanele op die vlerke gelaai sal word.

Kort voordat die son ondergaan, sal die vliegtuig daal tot ’n hoogte van 1500 m – waarop dit deur die nag slegs op die krag van die gelaaide batterye sal vlieg.

“Die vraag is of die vlieënier ekonomies genoeg kan vlieg om die battery-energie deur die nag te laat hou,” het Piccard gesê.

Die Solar Impulse-span van sowat 70 ingenieurs en tegnici, werk al vir meer as sewe jaar aan die HB-SIA-prototipe.

Dit het 12 000 sonpanele en ’n vlerkspan so groot soos dié van ’n Airbus A340 (63,4 m).

Die nagvlug-poging kan regstreeks op SolarImpulseTV op die webtuiste www.solarim­pul se.com gevolg word.

- Volg Nuus24 op Twitter.

Lees meer oor: sci-tech  |  kan jy glo

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Hier kom alweer staatskontrakte met tenders. Wat slegs en toevallig aan ANC-tjommies sal gaan. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2007
R 99,990.00

NISSAN

Navara 4.0i D-Cab 4x4
2007
R 255,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.