Vind gratis kondome met jou foon
2011-02-16 17:00
New York - New York se gesondheidsdepartement het Maandag ’n slimfoon-program bekendgestel wat gebruikers sal help om die naaste gratis kondome in hulle gebied te vind.
“Ons wil hê New York moet die veiligste stad ter wêreld wees om in seks te hê,” het die stad se adjunkhoof van gesondheid, dr. Monica Sweeney, gesê.
Die program, wat op iPhone- en Android-fone beskikbaar sal wees, maak gebruik van die stad se databasis van meer as 1 000 plekke waar gratis kondome beskikbaar is.
Dit maak gebruik van GPS-tegnologie of 'n adres wat ingetik word om gebruikers na die naaste vyf plekke in die stad aanwysings te gee.
Die stad het die program op Valentynsdag beskikbaar gestel.
Lees hier meer.
Volg Nuus24 op Twitter.