Só slaap die mensdom

2010-03-08 14:35
Tweets Share Share line Print

Washington – Die 2010 "Sleep in America"-peiling wat Maandag deur die Nasionale Slaapvereniging (NSF) in Amerika bekendgestel is, het getoon dat etniese groepe se slaapgewoontes van mekaar verskil.

Die meeste Afro-Amerikaners hou daarvan om te bid voordat hulle gaan slaap, terwyl blanke Amerikaners daarvan hou om saam met hulle troeteldiere te bid. Asiate slaap glo die beste en Spaans-Amerikaners is geneig om voor slaaptyd aan werk te dink.

Sowat 1007 volwassenes tussen die ouderdom van 25 en 60 het aan NSF se jaarlikse studie in Amerika deelgeneem.

Afro-Amerikaners het die besigste slaaptyd-roetine.

Driekwart van hulle het gesê hulle kyk eers vir ‘n uur lank televisie voordat hulle gaan slaap en sowat 71% het gesê hulle bid eers.

Slegs 18% van die Asiate, een derde van die blankes en minder as die helfte van die Spaans-Amerikaners bid voordat hulle gaan slaap.

Een uit tien Afro-Amerikaners en Spaans-Amerikaners het glo elke aand seks voor hul slapenstyd. Dit is tien keer meer as Asiate en twee en ‘n half keer meer as blankes.

Asiate slaap volgens die studie glo die beste.

85% van die Asiate het gesê hulle kry minstens vier nagte per week ‘n goeie nagrus in en die meeste meen hulle het nie slaappille nodig nie.

Spaans-Amerikaners word glo die meeste deur finansiële-, werks-, persoonlike-, of gesondheidsprobleme wakker gehou, het die studie getoon.

Byna vier uit elke tien Spaans-Amerikaners en ‘n derde van Afro-Amerikaners verloor slaap weens bogenoemde probleme.

Intussen meld die meeste blankes aan dat hulle met hul troeteldiere slaap.

Sowat 14% van die blankes het gesê hulle slaap met hul hond of kat, terwyl slegs 2% van die ander etniese groepe gesê het hulle doen ook.

Minstens 28% van die Asiate het gesê hulle slaap met hul kinders in dieselfde vertrek, terwyl slegs 22% van die Spaans-Amerikaners, 15% van die swartes en 8% van die blankes met hulle kinders in dieselfde kamer slaap.

"Indien jy wel sukkel om te slaap en jy saam met jou lewensmaat, kinders, troeteldier of al drie slaap, kan dit moontlik die rede vir jou onrustige nagrus wees,” het Sonia Ancoli-Israel, die voorsitter van NSF se taakmag gesê wat die peiling uitgevoer het.

Soos daar verskille is, kom daar ook ooreenkomste onder die slaapgewoontes van verskillende etniese groepe voor.

Al die groepe het gesê hulle het al werks- of familieverwante funksies misgeloop, omdat hulle te moeg was (19%-24%).

Al die groepe het gesê hulle is soms net te moeg vir seks.

– Sapa-AFP

Lees meer oor: navorsing

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Hier kom alweer staatskontrakte met tenders. Wat slegs en toevallig aan ANC-tjommies sal gaan. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2007
R 99,990.00

NISSAN

Navara 4.0i D-Cab 4x4
2007
R 255,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.