Só lyk misdaadsituasie
2012-09-21 14:15
Kaapstad – Die polisieminister, Nathi Mthethwa, het Donderdag Suid-Afrika se misdaadstatistieke vir die 2011/2012-boekjaar in die parlement bekendgemaak.
Die aantal moorde het in die huidige boekjaar met 3,1% gedaal en oor die afgelope agt jaar het dit 'n afname van 27,6% getoon, het hy onder gesê.
Terwyl dié en ander statistieke intussen gemengde reaksies van verskillende groepe gelok het, het die plaaslike maatskappy Touchlab, 'n filiaal van Media24, 'n grafiese hulpmiddel beskikbaar gestel om misdaadstatistieke te visualiseer.
Dié hulpmiddel stel data wat gebruik is om die statistieke saam te stel, op 'n visuele wyse voor wat dit maklik maak om probleemgebiede raak te sien en plaaslike statistieke na te gaan.
Die koppelvlak is beskikbaar by misdaad.touchlab.co.za.

– Nuus24 is 'n deel van 24.com, 'n filiaal van Media24, wat op sy beurt deel is van die Naspers-stal.