Só lyk iPhone 5 dalk
2011-09-30 13:31
New York – Terwyl die wêreld bespiegel oor hoe die nuwe iPhone 5 deur Apple moontlik kan lyk het 'n Duitse maatskappy dit 'n stappie verder geneem en 'n prototipe van die nuwe model ontwerp.
Giga.de, 'n Duitse maatskappy wat spesialiseer in digitale vermaak, het die prototipe gebou met die hulp van inligting in die vorm van gerugte en betroubare wenke.
Met 'n dikte van 6.86 mm aan die bokant en slegs 5.33 mm aan die onderkant is dié ontwerp dunner as ooit. Dis egter ietwat wyer as die iPhone 4 – 59.94 mm teenoor die ou model se 58.6 mm. Dié verandering is gemaak om 'n ietwat groter skerm te huisves.
Die ronde knop voor op die foon is ook verander in 'n ovaalvormige een.
Kyk die video hieronder vir 'n deeglike kykie na dié prototipe.
– Lees hier meer.