Só kan jy slagoffers in Japan help

2011-03-14 11:21
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die verwoestende aardbewing en tsoenami in Japan is verby, maar vir vele het die tyd van herstel en groot hartseer nou eers begin.

Dié ramp kan die duurste aardbewing in die geskiedenis word en die krisis kan aansienlik vererger as probleme by die Fukushima-kernkragstasie noord van Tokio nie spoedig opgelos word nie.

In die internet-era is dit egter makliker as ooit vir die wêreld om hulp aan Japan te verleen, en daar is verskeie maniere waarop Suid-Afrikaners ook aanlyn kan help.

Help via Facebook

Die Rooikruis het ‘n veldtog op Facebook se Causes-afdeling van stapel gestuur om geld in te samel vir Japan.

Deur op Facebook in te teken en hier te kliek, kan jy enigiets van $10 (sowat R70)  tot $500 (R3 465) skenk om die slagoffers te help.

Bemark op jou webwerf

As jy ‘n webwerf het en jou kliënte en besoekers betrokke wil kry, skep ‘n boodskap wat bo aan jou webwerf verskyn.

Die “hallo-strook” gebruik ‘n eenvoudige kode en verskyn dan bo aan jou webwerf.



Teken eenvoudig in met die kode “helpjapan” en jy sal die kode ontvang wat jy benodig om die boodskap op jou webwerf te laat verskyn..

Lees hier meer oor hoe om die donasie-strook bo aan jou webwerf te plaas.

Hou van ‘n Facebook-bladsy

Diegene by Explore.org skenk $1 vir elke “Like” van die “Dog Bless You”-Facebook-blad.

“Soek- en reddingshonde is ‘n kritieke hulpbron in noodsituasies,” het Charlie Weingarten, stigter van Explore.org, Sondag gesê.

Gebruik jou Twitter-rekening

Span jou Twitter-rekening in om die mense van Japan te help.

Twitter het Maandagoggend in ‘n blog-inskrywing maniere gegee waarop mense bydraes kan maak.

Hier is ‘n paar Twitter-sleutelwoorde wat jy kan volg of tweet wat verband hou met die krisis.

    * #Jishin: fokus op algemene inligting oor die aardbewing
 
    * #Anpi: ‘n sleutelwoord vir die bevestiging van ‘n individu of plek se veiligheid 

    * #Hinan: Inligting oor ontruiming

    * #311care: mediese inligting vir die slagoffers

    * #PrayforJapan: algemene sleutelwoord vir ondersteuning en goeie wense vir slagoffers van die krisis.

Kliek hier vir nog maniere waarop jy ‘n bydrae kan maak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Hier kom alweer staatskontrakte met tenders. Wat slegs en toevallig aan ANC-tjommies sal gaan. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2007
R 99,990.00

NISSAN

Navara 4.0i D-Cab 4x4
2007
R 255,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.