Studie: Té veel sms, Facebook, lei tot rook, drink, seks
2010-11-10 15:11
New York - Tieners wat baie tyd op sosiale netwerke en aan sms'e spandeer, is meer geneig om te rook, drink en losbandige seks te hê.
Dit is die bevinding van 'n nuwe studie deur die Case Western Reserve School of Medicine, onder tieners wat "hyper-text" en "hyper-network", berig CNN.
Die studie definieër “hyper-texting” as die stuur van meer as 120 boodskappe per dag. “Hyper-networking” is die spandeer van meer as drie ure per skooldag op sosiale netwerke soos Facebook.
“Die skrikwekkende bevindinge van hierdie studie wil dit hê dat sms-aktiwiteit en aktiwiteit op gewilde sosiale netwerke, wanneer dit nie gemonitor het nie, gevaarlike gesondheidseffekte op tieners kan hê,” het Scott Frank, hoofnavorser van die studie, gesê.
Lees meer by CNN.