Sms én bestuur is uit
2009-11-03 00:13
Washington - Amerikaners het oorweldigende ondersteuning getoon vir ‘n verbod op die stuur van sms-boodskappe terwyl 'n mens bestuur.
Meer as die helfte glo die straf moet gelyk wees aan die strafwat opgelê word wanneer 'n mens onder die invloed van alkahol bestuur.
Van die 829 volwassenes wat aan die peiling deelgeneem het, het 97% gesê dit moet onwettig gemaak word om te sms terwyl daar bestuur word.
Vyftig persent is van mening dit moet dieselfde straf dra as dronkbestuur, terwyl 43% gesê het dit moet ‘n ligter straf kry.
Twee persent glo egter die oortreding moet erger gestraf word.
Sodra die wet goedgekeur word, sal die verkeersdepartement reëls en regulasies rondom die uitvoering van die wet stipuleer.
Dit behoort ongeveer twee jaar te neem voordat die wet in werking tree.
- Sapa