Smokkelaars probeer 100e papegaaie uitvoer
2011-01-26 09:29
Kampala – ‘n Amptenaar van Uganda Wild het gesê dat daar in die laaste maand beslag gelê is op meer as 270 African Grey-papegaaie, wat ‘n aanduiding is van ‘n sindikaat wat diere onwettig uit Uganda smokkel.
Johnson Masereka het Dinsdag gesê dat amptenare beslag gelê het op 140 papegaaie in ‘n naweek-klopjag by ‘n wild-uitvoer-pakhuis naby Entebbe, die land se hoof-lughawe.
Masereka het bygevoeg dat die maatskappy nie in besit was van dokumente om die voëls wettiglik uit te voer nie. Niemand is in hegtenis geneem nie.
Dit volg minder as twee weke nadat daar beslag gelê is op 132 papegaaie nadat iemand probeer het om hulle oor die grens na die Kongo te smokkel.
Smokkelaars probeer gewoonlik twee of drie papegaaie op ‘n slag uitvoer, nooit meer as 100 nie, het Masereka gesê. Hy het bygevoeg dat African Grey-papegaaie vir sowat $1 500 (sowat R10 590) in Europa verkoop kan word.
Volg Nuus24 op Twitter
- AP