Slim vang sy selfoonsein

2011-11-02 07:05
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Hoe slimmer jou foon is, hoe swakker is sy sein-ontvangs.

Daar is volgens ingenieurs van Vodacom verskeie redes waarom selfoongebruikers sal bevind moderne slimfone het nie dieselfde sterk seinontvangs as ouer, eenvoudiger selfone nie.

“As jy in die middel van nêrens op ’n wildplaas staan, sal jy met daardie ou baksteen-selfone met die lang antennas waarskynlik maklik ’n sein goed opvang, terwyl jy met ’n moderne slimfoon op dieselfde plek heel moontlik geen sein sal kry nie,” het ’n ingenieurs gesê.”

Richard Boorman, woordvoerder van Vodacom, het gister gesê verskeie uitdagings beperk moderne slimfone se seinontvangs.

“Slimfone is basies konstant op die agtergrond in ’n data-gesprek met basisstasies gewikkel om byvoorbeeld nuwe Facebook-statusopdaterings, e-pos en BlackBerry Messenger (BBM)- boodskappe te stuur en te ontvang. As al dié goed gebeur terwyl jy ook bel of SMS, is daar ’n veel groter kans dat een van die kommunikasiestrome onderbreek sal word.”

Ouer selfone het volgens hom gewoonlik net een (dikwels uitwendige) antenna gehad wat op een frekwensie (900 MHz) gewerk het.

“Slimfone het egter verskeie interne antennas vir ’n verskeidenheid frekwensies vir Bluetooth, WiFi, EDGE, 3G, GPRS en HSDPA. Dit skep ’n uitdaging om bloot genoeg ruimte in die slimfoon vir al die antennas te vind. Dit raak dan ook al hoe waarskynliker dat die seinontvangs onderbreek kan word as gevolg van hoe die foon vasgehou of rondbeweeg word.”

Die programmatuur in slimfone moet volgens hom boonop gereeld opgegradeer word om te verseker die slimfoon bly aanpasbaar by nuwe toerusting en aanlyndienste.

Ouer selfone is nie deur sulke opgraderings geraak nie en moes net oproepe en SMS-boodskappe kon hanteer.

“Die seinsterkte van moderne slimfone is ... swakker as dié van ouer selfone. Dít help om batterykrag te bespaar omdat ’n slimfoon, met al sy funksies, baie batterykrag nodig het. Natuurlik het dit dan ’n negatiewe uitwerking op die foon se ontvangs en verbintenis met selfoontorings.”

As Facebook, Twitter, die internet en BBM op ’n foon dus nie vir jou baie belangrik is nie en jy moeg is daarvoor dat oproepe weens swak ontvangs afgesny word en jy goeie seinontvangs op afgeleë plekke wil hê, kry ’n stokou foon met ’n lang antenna.

- Om jou slimfoon se batterykrag te spaar en hom vinniger te laat funksioneer, kan jy sogenaamde App Killer of Task Killer-toepassings vir iPhone- en Android-fone aflaai wat alle onnodige applikasies op die agtergrond outomaties afskakel.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: tegnologie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Hier kom alweer staatskontrakte met tenders. Wat slegs en toevallig aan ANC-tjommies sal gaan. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2007
R 99,990.00

NISSAN

Navara 4.0i D-Cab 4x4
2007
R 255,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.