Slim Sjimpansee 'praat' saam met mense
2011-11-01 13:12
San Diego – Panzee, ‘n 25 jarige sjimpansee, het bewys dat dit nie net mense is wat spraaktaal verstaan nie.
Dié slim sjimpansee gebruik onder meer fluitklanke om te kommunikeer, het Discovery News berig.
Panzee kan meer as 130 woorde in Engels verstaan, en kan selfs ‘n soort klanktaal waar woorde met drie fluitklanke vervang word, ontsyfer.
Dit bewys dat sy nie net op die stem of emosies van ‘n spesifieke persoon reageer nie, maar dat sy eerder spraak verwerk en waarneem soos wat mense doen.
“Die uitslae dui daarop dat die gemeenskaplike voorvaders van sjimpansees en mense spraakklanke kon verwerk voor die evolusie van spraak plaasgevind het,” het Lisa Heimbauer tydens ‘n toespraak by die 162ste Vergadering van die Akoestiese Vereniging van Amerika in San Diego gesê.
– Lees die volledige artikel by Discovery News.
– Volg Nuus24 op Twitter.