Slegste jaar in dekades vir olifante
2011-12-29 12:16
Johannesburg – Die rekordgetal olifanttande waarop beslag gelê is dui daarop dat dit ‘n vernietigende jaar vir olifante was, het die wildlife trade monitoring network TRAFFIC gesê.
Volgens die groep kan 2011 moontlik die ergste jaar vir dié diere wees seder die verkoop van ivoor in 1989 verban is.
Die beslagleggings in 2011 verteenwoordig minstens 2 500 dooie diere en dui op die groeiende rol van georganiseerde misdaad van Asië.
Die grootste hoeveelheid van die tande word per skip van Afrika na Asië geneem.
TRAFFIC se olifant-kenner, Tom Milliken, het Donderdag gesê die kriminele blyk dié oorlog te wen, met meeste van die groot beslagleggings wat nie tot enige inhegtenisnames gelei het nie.
Die grootste vonds is op 21 Desember gemaak toe amptenare in Maleisië honderde olifanttande ter waarde van $1,3 miljoen (R10,6 miljoen) in houers van Kenia gevind het.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP